Monday, July 12, 2010

Die hartseer saam met die lekker!

Wat 'n goeie naweek vir ons middelafstand atlete!!

3 van ons mans (Juan van Deventer, Johan Cronje & Pieter van der Westhuizen) hardloop 'n 3:35 in die 1500m & Rene Kalmer hardloop haar seisoen beste 4:07!

Dis mos lekker om te sien & dit net voor die Afrika Kampioenskappe! En voor ek vergeet, baie geluk julle 4 & die res van die atlete wat in die Span is om ons land te gaan verteenwoordig daar!

Gee 'n mens sommer baie hoop dat julle die res van Afrika 'n "go" gaan gee in die ietems!

En dan kom die hartseer, teleurstelling & woedde!! Weereens, te danke aan ASA!!

Hoe kies julle 'n Junior span, maar los van die beste Juniors (in die wêreld) daar uit???

Rynardt van Rensburg (800m), Shaun van Wyk (400m hekkies) en Rikenette Steenkamp (100m hekkies) is maar net 3 van hulle wat uit die span gelaat is! En as ek dit reg het is Rikenette nie ons JUNIOR, SENIOR EN SKOLE KAMPIOEN in die hekkies nie & het sy nie al die kwalifiseerende vereistes voldoen nie?? En dit sluit vir Rynardt & Shaun in!
Hulle hardloop die kwalifiseerende vereistes & dan op een of ander wonderbaarlikke manier is hulle nie meer goed genoeg vir die span nie!
Want ASA besluit hulle moet in Junie weer die kwalifiseerende vereistes hardloop, wat verstaanbaar is! Jy wil tog kyk of die atlete op die regte standaard is voor die Wêreld Juniors! Maar .....

As jy so iets vereis, is jy (ASA) nie veronderstel om die byeenkomste te reël & te sorg dat alles die nodige vereistes voldoen sodat die atlete hulle bes kan doen nie?
Nou vir wat is daai byeenkomste so swak georganiseer dat daar slegs 2 atlete by sekere items opgedaag het (daar moet ten minste 3 atlete per item wees vir 'n geldigge wedloop)?
En dan is daar ook vergeet om windmeterlesings te doen!! Ek dink julle is besig om ons talentvolle Juniors rond te neuk!!

Hoe gaan ons junior atlete verbeter as hulle nie die geleentheid en blootstelling gegun word om op wêreld klas deel te neem nie?

Ag jammer, ek het dit weer vergeet! Daai atlete kan nie in die span gesit word nie, want anders kan julle nie julle familielede & vriende saam vat nie!!

Nou praat 'n paar van die atlete klaar om atletiek te los & eerder 'n ander sport te doen!!

Dis die toekoms van ons atletiek! Hoekom doen ons dit aan ons JUNIORS???

P.S - Caster het verlede week haar fiksheids toets gedop! Sy het 'n 95 sekondes op 'n 600m gehardloop, wat haar in staat sal stel om 'n 2:07 min op 'n 800m te hardloop. Moet sê, dis 'n baie realistiese tyd vir 'n o/19 meisie!

1 comment:

  1. Dis nie reg nie!!! As die juniors dan gekwalifiseer het moet hulle mos in wees??? Ek weet hoe ek sou voel as dit met my gebeur het...

    ReplyDelete