Friday, July 30, 2010

Goeie Afskop

Is dit nou nie 'n goeie begin tot die Afrika Atletiek Kampioenskappe nie!!

6 medaljes in die eerste 2 dae waarvan 3 in die gewigstoot en een in die 100m is! Moet sê, eks nogals regtig bly vir die brons in die 100m! En ons drie manne wat al die medaljes in die gewigstoot opgeraap het, wow!!

Nou, oor die naweek is die een item waarna ek baie uitsien. Die 1500m vir mans waar ons drie atlete in het met ongelooflikke baie potensiaal! Sal dit nie wonderlik wees as al drie van hulle kan deur gaan na die finaal toe nie & dan nog vir ons 'n medalje of 2 daar loshardloop!

En dan die stukkie teleurstelling, dit was vir my hartseer toe ek hoor dat Malaudzi nie eers weggespring het in die 800m Semi-Finaal nie! Maar aan die ander kant, 'n medalje op die Commenwealth Games gaan mos baie meer beteken as 'n African-Champs medalje. So, kyk mooi na daai seer hamstring & kry hom reg vir die Commenwealth Games, ons wil weer die Goud daar vat!

Ek kry net so 'n gevoel dat ons weer die land met die meeste medaljes gaan wees na die African Champs. Daar is nog so baie wêreldklas atlete van ons wat moet deelneem, dat ek nie anders as om so 'n ligte glimlaggie op my gesig te kry met die hoop van nog 'n hele paar goud & ander medaljes nie!

Aan almal van julle daar, baie sterkte! Ons hou vir julle styf duim vas hier aan die onderpunt van Afrika!

Gaan hou ons naam HOOG!

No comments:

Post a Comment