Wednesday, July 7, 2010

So, die besluit is gemaak! Maar was dit reg?

Ek het verlede jaar & selfs die jaar baie te sê gehad oor Caster Semenya. Oor haar stem, tot die manier op wat sy gebou is & loop.
Ek dink nie dat ek die enigste een is wat nog 'n bietjie twyfel het oor alles nie! Maar met die gesprekke wat ek met persone gehad het die afgelope tyd, het ek 'n bietjie begin dink aan Caster, nie die atleet nie, maar die persoon.
Maar voor ek by dit kom ....

Het IAAF die regte besluit gemaak om die uitslag van die toetse nie bekend te stel nie? Los dit nie nou nog meer vrae as antwoorde nie? En is dit nie nou nog 'n slegte merkie agter ATLETIEK se naam nie?

Ek het so vinnig op die internet gaan rondlees oor wat 'n paar lande se koerante te sê het na IAAF se aankondiging gister. "And its not a pretty sight!"
Hulle praat klaar daarvan om haar wedlope te "boycott"!

Maar wat gaan dit aan haar as persoon doen? Om weer te mag hardloop is een van haar grootste drome wat waar word. Maar wat help dit om weer te kan doen waarvoor jy lief is as jy agteraf sleg gesê & afgekraak word, waar mense dreig om jou wedlope te boycott! Maak nie saak wie of wat jy is nie, maar so iets het 'n inpak op jou siel, of jy dit wil erken of nie!
As daar iets in daai toetse was wat verkeerd is (??!!), sou dit nie beter gewees het om dit te erken & te sê dat sy wel behandeling vir dit ontvang, as om als net stil te hou nie?

Daar was baie foutte gemaak met die hantering van Caster se saak, maar nou los dit my nog met 'n vraag of twee:

Die besluitte wat gemaak was, was dit politieke besluitte? Kom ek ret my eie gat besluitte? Of is die besluitte gemaak om 'n onskuldige persoon te help wat nie kon keer wat met haar liggaam gebeur het nie?

Sy het nie verbode middels gebruik of doelbewus gaan verneuk nie! Sy wou net doen waarvoor sy & baie van ons lief is, & dit is om te kan hardloop. Ek het nooit gedink ek gaan dit sê nie, maar kyk na Caster vir die persoon wat sy is (met al die baie vra wat ek & baie van julle nog oor haar het)!

En kom ons hoop dat die regte besluite gemaak was, vir haar as persoon & vir ATLETIEK!!

1 comment:

  1. Ja, ek stem! sy is ook 'n mens... sy kan nie help dat sy so is nie. sy wil net doen wat vir haar lekker is en wat sy geniet. en nou skinner almal so van haar.

    ReplyDelete