Waar lê atletiek se probleem nou regtig?
Is dit die top bestuur wat nie 'n idee het wat aangaan nie, of is dit ons atlete wat baie keer op groot byeenkomste nie presteer nie? Is dit ons afrigters wat nie reg afrig nie of is dit die atlete wat nie bereid is om daai bietjie ekstra in te sit nie?
Wat gaan aan en waar is die fout???
Ek dink ons het die afrigters, ons het die atlete & al maak van die top bestuur foutte is hulle ook nie die groot skuld vir atletiek se probleme nie!
Dis my opinie & julle mag dalk saam stem of nie, maar atletiek se grootste probleem lê op skool vlak!
Atletiek is 'n sport met opofferings & harde werk! En dis waarvoor die skole nie meer kans sien nie! Dis baie maklikker om n rugby- of krieketwedstryd te reël as om iets vir atletiek te doen!
Waar sien jy dat die rugby spanne al in Februarie begin oefen as die atletiek seisoen skaars aan die gang is & hoekom het party laerskole slegs 3 byeenkomste???!!!
Ons skeep atletiek op skoolvlak geheel en al af, & dis daar wat ons baie talent verloor!! Ons kort mense wat weer bereid is om hard te werk vir 'n mooi sport! Maar, as die mense daar is, gaan die skole bereid wees om hulle te help? Daar is nooit geld vir atletiek of landloop nie, maar daar sal altyd plan gemaak word vir rugby of van die ander sportsoortte!
Die mees basiese, mooiste sport word afgeskeep deur die persone wat veronderstel is om dit by kinders te leer & 'n liefde vir dit te skep! Jy het nie duisende rande se toerusting nodig nie, al wat jy nodig het is 'n stukkie veld of net die teerpad wat voor jou huis verbyloop!
Dis die lekkerste gevoel as jy besig is om te hardloop! Die wind & son op jou vel, jy voel jou hele liggaam wat werk, jy kry kans om jou kop weer skoon te kry & grootliks, jy begin weer voel soos 'n mens, soos 'n spesiale persoon wat deur God geskape is!!
Kom ons kry dit terug in die skole, ASSEBLIEF!
No comments:
Post a Comment