Sunday, August 29, 2010

David Rudisha doen dit weer!!!


Verlede week ek het gepraat van die nuwe vraag in die 800m van hoe vinnig 'n mens dit kan hardloop & is die sub 1:40 moontlik?

Wel, ons het dit skaars begin vra & daar gaan & verbeter David Rudisha sy eie 800m wêreld rekord skaars 'n week nadat hy dit verbeter het!
Vir 13 jaar kon niemand die rekord breek nie & hier doen hy dit nou skaars 'n week uit mekaar uit! En nou lyk daai sub 1:40 glad nie meer onmoontlik nie!

Dis vir my ongelooflik lekker om die verbeterings te sien! Dit beteken dat die middelafstande oppad is na hoogtes wat lanklaas beleef is! Vir al die jare is dit nog altyd lekker om 'n 800/1500m te kan kyk waar klas atlete hardloop! En dit bly maar vir my die mooiste item by 'n byeenkoms, want dit is waar spoed, krag & stamina bymekaar kom om die beste atlete te vorm!

So nou staan die rekord op 1:41;01 & daai 1:40 merk kom al hoe nader! Soos wat hy nou aangaan kan ons almal dalk binnekort deel wees van die onmoontlikke wat gebreek gaan word!

Ek persoonlik, kan nie wag om dit te sien nie!

Tuesday, August 24, 2010

Wêreld 800m rekord

Na 13 jaar kom daar weer 'n Keniaan en verbeter Wilson Kipketer se 800m rekord!

Ek het na die race gekyk & WOW!! Ek kan nie regtig beskryf hoe ongelooflik dit was nie! Om 'n eerste lap van sub 49sek. te hardloop & dan 'n tweede lap van sub 53sek., dis ongelooflik!
David Rudisha het seker die race van sy lewe gehardloop! Maar terwyl ek gekyk het na hom op die laaste 200m, het ek besef, een van die dae gaan die manne onder 1:40 hardloop op die 800m. 'n Wêreld rekord wat tans staan op 1:41;09min gaan nou weer die manne laat praat van hoe vinnig 'n persoon regtig kan hardloop? Wat is menslik moontlik!?

Maar dis waar die wonderbaarlikke ding van die mens inkom wat God geskape het! Net as ons dink dis die punt, dan kom daar 'n persoon wat hom verby die "menslikke" standaard druk & almal verkeerd bewys!

So, waar gaan ons eindig? Kom ons wag en sien! Want dit gaan lekker wees!

P.s - Baie dankie aan al die koerante en t.v kanale wat dit uitgesaai & geplaas het hier in Suid-Afrika! Sonder julle, .... Sorry, julle het NIKS gedoen nie!!!