Sunday, August 29, 2010

David Rudisha doen dit weer!!!


Verlede week ek het gepraat van die nuwe vraag in die 800m van hoe vinnig 'n mens dit kan hardloop & is die sub 1:40 moontlik?

Wel, ons het dit skaars begin vra & daar gaan & verbeter David Rudisha sy eie 800m wêreld rekord skaars 'n week nadat hy dit verbeter het!
Vir 13 jaar kon niemand die rekord breek nie & hier doen hy dit nou skaars 'n week uit mekaar uit! En nou lyk daai sub 1:40 glad nie meer onmoontlik nie!

Dis vir my ongelooflik lekker om die verbeterings te sien! Dit beteken dat die middelafstande oppad is na hoogtes wat lanklaas beleef is! Vir al die jare is dit nog altyd lekker om 'n 800/1500m te kan kyk waar klas atlete hardloop! En dit bly maar vir my die mooiste item by 'n byeenkoms, want dit is waar spoed, krag & stamina bymekaar kom om die beste atlete te vorm!

So nou staan die rekord op 1:41;01 & daai 1:40 merk kom al hoe nader! Soos wat hy nou aangaan kan ons almal dalk binnekort deel wees van die onmoontlikke wat gebreek gaan word!

Ek persoonlik, kan nie wag om dit te sien nie!

No comments:

Post a Comment