Monday, July 5, 2010

So, waar staan ons?!

Dalk het ek die blog begin sodat ons almal wat lief is vir atletiek sommer maar net kan gesêls. Aan die ander kant het ek dit ook dalk begin omdat ek redelik moeg is vir die toestant van 'n sport waarvoor ek ongelooflik lief is!

Ek was die naweek by die Northgate 10km padwedloop saam met 'n paar van my atlete & daar het ek 'n paar interessante gesprekke met persone gehad. En een van die goed wat by almal opgekom het was, wat gaan nou aan? Wat doen ons as afrigters aan die atlete? En oor wat gaan die sport, oor die atleet of oor die afrigter?

Hoekom is afrigters bang om oor oefentegnieke te gesêls & hoekom is so baie van hulle bang om mekaar te help?

Dit voel vir my of die Afrigters die spotlight wil vang!

Ek is dalk heeltemal verkeerd oor wat ek nou gesê het, maar sal ons nie atletiek kan verbeter as ons mekaar begin help nie! Is dit nie dalk die rede hoekom ons atlete nie meer op wêreld standaard is nie!

Maar nou gaan ek net af oor ons afrigters & praat nie eers oor die atlete nie! Maar kom ons hou dit vir 'n volgende chat!!

Tenslotte:
Atletiek is een van die mooiste sportsoorte in die lewe! Hoekom het ons als so stelselmaatig laat wegval na niks toe nie!

Kom ons kry dit terug deur mekaar te help, van atleet na afrigter!

Chat weer!!!

No comments:

Post a Comment