Tuesday, July 6, 2010

So wie is hulle?

Dis vir my nogals baie hartseer! Jy staan en gesêls met mense en praat oor atletiek. Jy begin name opnoem van die atlete & hulle het nie 'n clue van wie jy praat nie!

Jy praat oor van ons land se middel/lang afstand atlete & die mense kyk na jou asof jy nou in 'n ander taal begin praat. Jy noem name soos Juan van Deeventer, Johan Cronje, Pieter van der Westhuizen, Rene Kalmer, Irvette van Blerk & hulle het nie 'n idee van wie jy praat nie!

Die sportsoort in wat 'n mens die hartste moet werk, jy alleen! Jy het nie die gerief van 'n plaasvervanger wat jou plek kan kom inneem tydens 'n besering & nogsteeds die "Super14" wen nie. As daar iets met jou gebeur, 'n besering, jy word siek, of enige iets anders, is jou wedloop, jou kans, weg!
Waarom het ons dit begin mis kyk?

Die mense gaan sit langs die rugbyveld & kyk hoe oefen die span, ry kilometers vêr om te kyk hoe slaan, skop, vang hulle 'n bal & almal dink "Wow, kyk hoe hard oefen hulle!"
Maar net anderkant die pad, op 'n alleen atletiekbaan, sit ons Olimpiese sterre & oefen dat hulle langs die baan neerval. Hulle spandeer ure op die pad, vroegoggend in die donker, is hulle al aan die werk & as jy verby hulle ry, erken ons nie eers van die wêreld se bestes nie!

Die atlete sal verstaan, die afrigters wat in die koue staan om die beste uit die atleet te kry, sal verstaan, maar vir die ander is dit net nog 'n mal persoon wat om 'n baan hardloop!

Waar is daai dae van Atletiek Toetse teen Amerika, Australie, teen van die groot name in die wêreld? Waar atletiek stadions vol gepak is met die hele gesin wat kom kyk? Waar jy verby 'n atleet stap en sê, "Kyk, dis Johan Fourie!"

As jy eendag 'n kansie kry, ry 'n bietjie na 'n atletiekbaan toe. Gaan sit daar langs die baan & kyk hoe die atlete oefen! Kyk na die krag, die passie, die talent van elkeen! Eintlik, sit net daar & besef, jy is besig om na die oudste sportsoort in die geskiedenis van die wêreld te kyk! En miskien, net dalk, kry jy so 'n hoedervleis gevoel, & jy besef ......

WOW, hoe kon ons dit vergeet!!!!

2 comments:

  1. Jy praat die waarheid hier, ons moet iets doen om die atlete weer op die voorblaaie van koerante te kry ( en nie vir die verkeerde redes soos Caster nie ). Hulle moet erkenning in die publiek se oog kry, dan sal baie meer kinders ook weer belang stel en begin atletiek doen. Atletiek is so n mooi sport.
    Ek dink die meerderheid van die publiek hou van atletiek maar niemand weet eens wanneer dit SA kampioenskappe is ens. Hulle is oningelig oor wat in atletiek aangaan, ons moet in kontak kom met die koerante en vereis dat hulle nie net n klein blokkie maar n hele bladsy oor se maar SA's doen.
    Franco, thanks vir jou poging om atletiek te help.

    ReplyDelete
  2. Franco daarmee stem ek 100% saam met jou. Kyk in die verlede, dit was so gewees die afrigters wil altyd in die spotlight wees maar dis ons atlete wat die harde werk insit om te bereik wat ons drome is. Atletiek is so mooi en wonderlike sport en ek dink daar is so baie talent daar buite. Daar is altyd baie te se oor Rugby en sokker in die koerante en is oor die algemeen voorblad nuus, maar as dit by atletiek kom dan is daar net n klein berig daaroor of soos in Caster se geval n groot ophef. Ek staan saam met jou, en dankie dat jy in staat is om atletiek weer te probeer kry waar dit was.

    ReplyDelete